2 Middelburgers beseer in eMalahleni-botsing
’n Botsing waarin twee mense gisteraand beseer is, het op die hoek van Mona- en OR Tambo-straat plaasgevind.
Twee motorfietsryers van Middelburg is ernstig beseer nadat hulle gisteraand in ’n botsing in eMalahleni betrokke was.
Die twee beseerdes is per ambulans na die Life Kosmos-hospitaal vervoer.
Altus Marx het sy hand gebreek en Monica van der Westhuizen het veelvuldige beenbreuke opgedoen. Sy is intussen na ’n staatshospitaal oorgeplaas.
Die bestuurder van ’n sekuriteitsbakkie het gesê dat hy in OR Tambo-straat ingedraai het en geen aankomende voertuie of motorfietse gesien het nie.
Hy was reeds in die straat toe hy die geluid van naderende motorfietse gehoor en die slag gevoel het.
Die motorfietsryers het van Saveways Centre se rigting af gery en met die sekuriteitsbakkie gebots.
Pastoor Gui Hodgson het die publiek gevra om asseblief te bid vir die twee beseerdes se spoedige herstel.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
