CrimeNews

Tandpyn vir boewe met baba

’n Tandarts het onlangs die paar boewe help vastrek wat vir die afgelope paar weke moles maak by kleuterskole en in voertuie inbreek.

“Ek was by Timbercity toe ek die voertuig herken het,” het ‘n bekende tandarts in die stad vertel op Dinsdag 4 November na polisie toegeslaan het op die verdagtes. die tandarts vertel dat hy Maandag 27 Oktober slagoffer geword het van die diewe toe hulle na bewering in sy voertuig ingebreek het.

Die verdagtes, twee mans, het saam met ’n vrou en baba by die kleuterskool gewag waar die tandarts ook sy kinders in die oggend aflaai.
“Hulle maak dan asof hulle die kind kom aflaai, maar breek dan in by die ander voertuie.”
Hy het vertel dat hy net vinnig by die kleuterskool in was. “Toe ek uitkom, het ’n vrou my laat weet dat hulle by my kar besig was.”

Die tandarts het sy motor se deur oop gevind en gesien dat sy skootrekenaar weg was. “Hulle (verdagtes) het daar weggejaag en ek het hul agterna gesit,” het hy verder vertel. “Hulle het ongelukkig weggekom en ek is toe dadelik polisie stasie toe om ’n saak aan te meld.” Hy meen dat die verdagtes al telkemale by verskeie ander skole ook opgemerk was en vertel dat daar vir die afgelope paar weke probleme is met diefstal uit voertuie, veral by kleuterskole in die Klipfontein en Del Judor omgewings.

Op Dinsdag, vertel die tandarts, was hy verbaas om die verdagtes se voertuig langs hom in die parkeerarea te sien staan. “Dit was dieselfde wit Corsa met die registrasie nommer: BDS 182 MP.”
Hy het dadelik die polisie gekontak en dit was nie lank voor die polisie opgedaag het om die diewe te arresteer nie.
Die vrou en kind was saam met die twee mans na die Witbank Polisie Stasie geneem.

Die polisie het afstandbeheer toestelle en apparate in die verdagtes se voertuig gekry, wat glo gebruik was om bestuurders te verhoed om hul motors te sluit en sodoende kon die diewe vinnig by amper enige motor inbreek sonder dat iemand sal agterkom.

’n Pakkie met dagga was ook saam met ander, vermoedelike gesteelde, items gevind en gekonfiskeer.
Danksy die tandarts se vinnige reaksie om die polisie te kontak, sal die verdagtes nie meer die motoriste by kleuterskole kan teister nie.

Motoriste wat vermoed dat hul ook slagoffers is van dié verdagtes in die wit Corsa, was gevra om hul saak ook aan te meld onder 1008/10/2014.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button