Na ’n vermoedelike poging tot aanval op ’n plaas kan ’n familie weer rugstig slaap vir nog ’n aand wetend dat hulp net ’n oproep vêr is.
Die Zello-groep Witbank 911 het weer die naweek blitsvinnig op ’n toneel verskyn nadat inwoners op ’n plaas ingebel het om verdagte persone op hul erf te rapporteer.
Omstreeks 15:00, Sondag 1 Februarie, het lede van Witbank 911 op die plaas byna 10km uit op die Verena-pad gearriveer.
Verdagte persone het glo in ’n groot boom langs die plaashuis ingeklim waar hul op die inwoners gewag het.
Voor die lede van Witbank 911 egter by die toneel opgedaag het, het die onbekende aantal verdagtes die hasepad gekies en net ’n paar voetspore agterna gelaat toe hul deur die lang gras in ’n veld op vlug geslaan het.
Witbank SAPD het gevra dat alle sake van misdaad en poging tot misdaad by die stasie aangemeld moet word.
