Local newsNews

Skoonsus weer in hof – saak uitgestel tot Oktober

Melissa Vice word in Oktober terugverwag in die Emalahleni-landdroshof.

Melissa Vice, die vrou wat daarvan verdink word dat sy haar swaer in Desember vermoor het, het verlede week vlugtig in die Emalahleni-landdroshof verskyn.


Die saak is tot 9 Oktober uitgestel.


Vice is op 24 Desember in hegtenis geneem vir die moord van Willie Visser. Sy liggaam is na ’n grootskaalse soektog naby die Doornpoort-substasie in Seekoeiwater gevind.

LEES MEER  Melissa Vice het vanoggend weer in die hof verskyn


Die hof het tydens ’n hofsitting vroeër die jaar gehoor hoe Vice Visser glo by ’n winkelsentrum opgelaai en vir ’n tyd lank in Hoëveldpark rondgery het voordat sy by Seekoeiwater gestop het.


Sy het hom glo verwurg en met ’n stomp voorwerp teen die kop geslaan.

LEES MEER Verdagte gearresteer op moord van man wie se lyk in Seekoeiwater gevind is


Nadat sy hom glo uit die bakkie getrek en sy persoonlike besittings in die veld ingegooi het, het sy glo gehelp soek na hom.


Vice se regsverteenwoordiger, Koos Harmse, het tydens die borgtogaansoek in Januarie gesê sy ontken enige aandeel in die moord.

LEER MEER Vermoorde man se skoonsuster in die hof


Hy het ook genoem dat hy die verklaring wat Vice kort ná haar inhegtenisname gemaak het, betwyfel, omdat sy nie die kans gegun is om te verduidelik wat gebeur het nie.


In ’n verklaring wat Harmse voorgelees het ter verduideliking van die gebeure volgens Vice, het Visser haar glo getreiter en gedreig vir seksuele gunste. Sy ontken dat sy seks met Visser gehad het.


“Melissa het selfs aangebied om Willie se begrafnisbrief te ontwerp. Sy het ons ondersteun en dit terwyl sy geweet het my seun is dood,” het Visser se ma, Kariena Visser, tydens die borgtogaansoek gesê.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button