Local newsNewsUpdate

Dankie is net ses letters lank, maar dit beteken so baie

Dis nou al ’n ses weke nadat ’n gedeelte van die Swart-gesin se huis afgebrand het.

‘n Gaatjie in die skoorsteen van die huis in Proteastraat het die grasdak laat smeul en die brand het Sondag 3 Mei daar begin.
Vir die gesin was hierdie ’n pad waarop hulle God se genade en die wonderlike liefde en vriendskap van familie en vriende eerstehands ervaar het.
“God hou ons styf vas,” het die eienaars van die huis, mnr. Chris en me. Anthea Swart gesê.

Hulle wil nie vandag gesels oor die Sondag waarin hul lewens binne sekondes verander het nie. Inteendeel, vandag wil hulle dankie sê aan die wat na hulle uitgereik het in die uur van nood.
“ Die rook het nog nie gaan lê nie en ek het ’n oproep ontvang wat vir my sê, ‘Julle moet nie worry nie julle het n huis om te bly vir tyd en wyl’,” het mnr. Swart gesê.

Daardie Maandag toe trek die gesin in met meubels en al. Skielik het hulle besef hulle waardevolste besitting is vriende wat omgee.
“Die een leen dit, die het te veel van daai en sien daar ons kan aan gaan. Daar was een oproep op die ander. ’n Geldjie hier en ’n kossie daar, gebede en vertroosting in oorvloed,” het mnr. Swart gesê.
Hy het klem op sy familie gelê en gesê, “Vir my familie, dankie vir wat julle vir my beteken. Ek is baie lief vir julle. Die heel belangrikste dankie aan ons Almagtige Here God, amen.”

Die Swart-gesin wil graag die volgende mense bedank: Tannie Magda, Sam en Hendry Kemp, Yvonne en Eric du Toit, Trudie en familie, Nantus en Bilinda van der Merwe, Ina de Beer, Casper en Cerry van Wyk, die Neoteros-gemeente en pastoor Christo, Demitri van Spar, Frik wat vir ons ’n trok geleen het, Chris Grobler en sy vroutjie, Francois en Cindy van Niekerk, Chris Pretorius en familie, Koos en Elsie Coetzee, Deon Trailers en ook die man met sy TLB en ’n tipper trok, Zulika, Martie en  Gina van Joy Globale, Roxy van Bruwane en familie, Jokie Grobler, Mariska Kruger en Cozette Beck.

“Dankie julle, mag onse Here julle seën. Maak nie saak hoe jy gehelp het nie. Ons waardeer dit opreg. Dit is nie almal nie, asseblief as ek jou naam nie genoem het nie moet nie kwaad wees nie. Julle is almal great!”
Die werk gaan aan by die huis wat onlangs gedeeltelik afgebrand het.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button