
Sy het ‘n aand uit geniet op Vrydag 26 Junie toe twee mans haar na bewering gegryp en forseer het om buite toe te gaan.
Nadat sy gevra het hoekom hulle haar buite toe vat, het hulle gesê sy moet net stilbly. Hulle het haar in ’n minibus gelaai en vir haar die instruksie gegee dat sy moet inklim en stilsit.
Hulle het na ’n taverne gegaan, na bewering nog mense opgetel en haar na ’n onbekende huis toe gevat. Hulle het haar in die huis in gevat en haar verkrag, en volgens haar verklaring, meer as een keer.
Deesdae is ‘n ‘Rape Kit’ beskikbaar by jou naaste Polisiestasie. Die belangrikste hiervan is dat dit eers getoets moet word voor dit gebruik word. Met hierdie toets kan die polisie vasstel wie die verdagte is en ook of daar ander misdade met hom verbind kan word. Dit kan ook onskuldige verdagtes onthef van vals aantygings.
DNS word getoets en kan dan inligting gee van die verdagte. DNS is ’n ongelooflike sterk komponent wat getoets kan word en sodoende ‘n keer aan verkragting sit. Die verdagtes kan ook vinniger opgespoor word.
Slagoffers sal ‘n geruste hart hê met die wete dat die regte verdagte agter tralies sit.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus
Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.
