
Op Dinsdag, 7 Julie was joernaliste van WITBANK NUUS uitgestuur om die storie en foto’s te kry van die optog by die KG Mall. Met aankoms was daar ‘n bakleiery onder taxi bestuurders.
Die pad was afgesper deur swaar motorvoertuie asook taxi’s en busse by die afdraai terug na eMalahleni by Mathews Phozastraat.
Melissa Claassen, joernalis van WITBANK NUUS was besig om verstellings te maak op haar kamera.
Solly Maseko en Fanisile Nkuna, twee ander joernaliste van die koerant was ook daar. Toe betogers die kamera gewaar het hulle toegesak.
Die kamera is hardhandig uit uit Claassen se hande geruk.
Meer as 10 lede het gesamentlik gestamp en gestoot in ‘n poging om die kamera te vat. Maseko het probeer om die menige hande te keer wat na die kamera gryp.
Claassen is rondgestamp met die kamera om haar arm. Nkuna het in die verbale gesprek betrokke geraak om die kamera te red en te verduidelik hoekom ons daar was.
Maseko het intussen in die middel van die sirkel beland en hy is gestamp, geskop en teen die kop geslaan. Dinge was gesê soos “voetsek here!” en “go with your camera!” asook ander kru-taal was gebruik.
Die geheuekaart van Claassen se kamera is uitgehaal en is steeds in hulle besit.
‘n Memorandum gerig aan die eMalahleni gemeenskap was ontvang waarin stakers uitlê wat hulle verwag en wil hê.
Daar is ‘n sewe-dag wegbly beplan vanaf 6 Julie. Dit is om hul ‘plek’ weer in te neem in die eMalahleni-gemeenskap. In hierdie memorandum is daar in totaal 28 punte uitgelê waarin hulle hul saak stel. Van die punte noem hulle eMalahleni ‘n stad van diktatorskap asook waarin hul beter dienslewering van die eMalahleni Munisipaliteit verwag. Menige optogte was in eMalahleni gewees op Dinsdag 7 Julie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus
Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.
