CrimeNews

In die bos verkrag

Daar is nog ‘n verkragting op eMalahleni se lys van misdade.

Op 1 Julie is ‘n slagoffer by Zaaihoek verkrag.
Dit was omstreeks 17:00 toe ‘n onbekende man voor die vrou verskyn het nadat sy deur iemand afgelaai is.
Hy het ‘n mes in sy besit gehad en haar na bewering beveel om in die bos in te gaan wat naby die pad was. Sy moes op instruksie van die verkragter op die gras sit en hy het haar selfoon gevat, haar klere asook haar kinders se klere wat in haar besit was.

Hy het ‘n plastiese sak oor haar kop getrek en haar klere gelos in ‘n nabygeleë area. Hy het haar instruksies gegee om nie na hom te kyk nie en haar beveel om haar klere uit te trek. Terwyl hy haar verkrag het, het hy na bewering ‘n kar gehoor en opgestaan.

Hy het haar omstreeks 00:00 daardie aand laat gaan en haar besittings gevat.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button