Op 7 Julie was ‘n Volkswagen Polo, ‘n Jeep Cherokee en ‘n Corsa Lite.
Volgens die drywer van die Corsa was hy oppad na Ogies van Lesley toe die ongeluk plaasgevind het.
Hy het ‘n stop straat nie gesien nie en die Jeep het hom met so ‘n impak getref op sy kant teen die deur dat hy gerol en op sy dak beland het.
Hy en die passasier was met ER24 staat-ambulans na Trichardt Hydromed Hospitaal vervoer. Ligte beserings is opgedoen waar die stuurwiel hom vermoedelik op die bors geslaan het en hy het krappe en snye, maar gelukkig geen steke was nodig nie.
Die passassier het haar sleutelbeen gekraak.

“Die Corsa het oor die stop gery en na my kant toe gevlieg,” het Thabiso Mokobena, drywer van die Polo gesê. “Hy het my teen die deur geslaan maar gelukkig het ek geen beserings opgedoen nie.”
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus
Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.
