
Dit het onlangs gebeur dat twee mense wat geld vir Extreme Buddies ingesamel het, self ’n fondsinsamelingslys gemaak het om daarmee fondse vir die organisasie te in.
“Ek het kennis gedra van die twee mense wat vir ons debietorders sou werf, maar ek het geen lys aan hulle gegee nie. Ons werk nie met lyste nie, slegs met kontantinbetalings in ons rekening of debietorders, sodat ek beheer oor die fondse kan hê,” het me. Elize Banks van Extreme Buddies gesê.
Sy het verder gesê dat sy geen kennis dra van hoeveel geld op dié manier ingesamel is en of Extreme Buddies al die geld ontvang het, wat wel ingesamel is nie.
“Ons het regtig fondse nodig, maar nie op dié manier nie. Extreme Buddies het ’n goeie naam in die stad en ons wil nie by hierdie tipe bedrog betrokke raak nie,” het me. Banks gesê.
Indien jy nie seker is of die lyste, soos in dié geval, eg is nie, skakel liewer die organisasie en vind uit of hulle kennis dra van die fondsinsameling en maak ook seker die lys is eg.
Vir enige navrae oor fondsinsamelingprojekte by Extreme Buddies, skakel Elize Banks: 013 697 4066.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus
Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.
