Local newsNews

Kruie en verdrinking het dood tot gevolg

Twee geregtelike doodsondersoeke word ondersoek nadat ’n baba dood gevind is en ook ’n vrou wat vermoedelik verkeerde medisyne gedrink het.

Beide voorvalle het by Old Coronation plaasgevind.
In die eerste voorval op 9 Julie het die adjudant-offisier aan diens ‘n oproep gekry van ’n dooie baba.
Met sy aankoms het hy ‘n 16 maande oue kleuter gekry wat toegedraai was in ‘n kombers en vermoedelik verdrink het. Dit word beweer dat die baba verdrink het, terwyl sy ma besig was met wasgoed.
Daar word vermoed dat hy in ‘n waterput verdrink het. Die baba was uitgeken as Tjatji Thoriso.

Die tweede voorval het op 10 Julie plaasgevind.
Die polisie sersant aan diens het ‘n oproep ontvang van ‘n oorledene. Met haar aankoms by die misdaadtoneel het sy met die oorledene se man gepraat wat aan haar gesê het dat sy vrou ‘n spesifieke kruie medisyne gedrink het wat haar ma vir haar gegee het.
Dit was ‘n tipe medisyne om haar te help swanger raak.

Nadat sy hierdie kruie medisyne gedrink het, het sy begin siek word en sy is dood verklaar op die toneel nadat ‘n doodsondersoek gedoen is. Dit is nie duidelik wat se kruie medisyne die vrou ingeneem het nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button