Local newsNews

Domonic kritiek na motorfietsongeluk

’n Jong man van eMalahleni word tans in Witbank Hospitaal se intensiewe-eenheid behandel nadat hy vroeër dié week van sy motorfiets af gestamp is.

Mnr. Domonic Booysen (22) was Maandag 20 Julie in Christiaan de Wetstraat onderweg toe hy en ’n taxi naby Laerskool Kragbron gebots het.
Die taxi-bestuurder het na bewering voor mnr. Domonic Booyens (22) ingedraai en hy het die taxi getref.

Mnr. Domonic Booyens (22) was  Maandag 20 Julie in ’n ernstige motorfietsongeluk betrokke.
Mnr. Domonic Booyens (22) was Maandag 20 Julie in ’n ernstige motorfietsongeluk betrokke.

Nooddienste het na die toneel gehaas waar hulle hom gestabiliseer en na Witbank Provinsiale Hospitaal se ongevalle geneem het.
“Ons het nie eers geweet dat hy terug in eMalahleni was nie, want hy was op en af tussen eMalahleni en Pretoria om werk te soek,” het mnr. Ettiene Booyens, ’n familielid, gesê.
Mnr. Jean-Paul Booyens, Booyens se broer het gesê dat sy broer “okay” sal wees. “Hy is ’n baie sterk mannetjie en ’n ‘fighter’ hy sal nie opgee nie,” het Jean-Paul gesê.

Mnr. Jean-Paul Booyens staan langs sy broer mnr. Domonic Booyen’s se bed in Witbank Hospitaal, Dinsdag 21 Julie.
Mnr. Jean-Paul Booyens staan langs sy broer mnr. Domonic Booyen’s se bed in Witbank Hospitaal, Dinsdag 21 Julie.

Domonic het ’n femur fraktuur opgedoen asook hoofbeserings. Hy was Dinsdag 21 Julie nog in ’n krisis-tyd van 72-ure.

Die familie het gevra dat eMalahleni sal bid vir Domonic se herstel.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Witbank Nuus se webwerf:
Witbank Nuus

Besoek ook ons Facebook of Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n boodskap op WhatsApp met jou ‘Naam en Van’ na 082 955 7201 of teken aan op BBM 7F6C600F om jou nuusflitse gratis te ontvang.

U persoonlike informasie sal aan geen derde partye gedeel word nie.

Het u enige informasie oor die artikel?
E-pos ons op digital@witbanknews.co.za (heg asseblief u kontak informasie by) of kontak ons op (013) 656 2490.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button