Brande bring groot skade
Die afgelope naweek het nog vier brande ontstaan weens onbekende redes

Verlede week het vele brande huise vernietig in en om eMalahleni.
Die afgelope naweek het nog vier brande ontstaan weens onbekende redes. Drie veldbrande en een huisbrand het ontstaan en geen redes kan gegee word hiervoor nie.
Op Sondag, 9 Augustus om ongeveer 18:45 het ’n veldbrand uitgebreek in Louisestraat. Lede van Witbank 911 het die vuur geblus en die eienaar doen voorbrand elke jaar om skade te voorkom. “Geen diere was in die veldbrand beseer nie, en my voorbrand help dat die vure nie skade maak nie,” was die woorde van mnr. Bertus van Eeden, eienaar van die kwekery.
In Walter Sisulustraat het nog ’n vuur ontstaan by ’n skrootwerf waarvan niemand ook ’n definitiewe oorsaak het nie.
In Van Bruggenstraat in Uitbreiding 8 het nog ’n veldbrand ontstaan, weens onbekende rede’s. Lede van Witbank 911 asook lede van die Gemeenskaps Poliëringsforum (GPF) het bygestaan in hierdie brand om dit te blus.
Alhoewel baie klagtes ingedien was van die swak dienslewering van eMalahleni se brandweer, was geen terugvoer ontvang van die Emalahleni Munisipaliteit af nie.
*Na die huis in Fifestraat afgebrand het op Saterdag 1 Augustus, is verdere inligting ontvang dat ’n ekstra tenkwa ook moes kom water voorsien het aan die brandweer aan diens. Die tenkwa was voor die bure se erf en het tot omstreeks 19:15 water voorsien. Nadat die brandweer die vuur geblus het, het dit weer begin aan die agterkant van die huis, omstreeks 20:30, waarna die lede van Witbank 911 die brandweer weereens na die huis toe moes laat kom om verdere vlamme te blus.
Die oorsaak van hierdie brand is steeds nie bekend nie, aangesien mnr. Emmanuel Dlamini steeds wag vir die volle verslag.
