
Cherise Pienaar (15) wat sedert Sondag, 16 Augustus vermis was, is gevind. Op Dinsdag, 18 Augustus is Cherise in Anniestraat gevind. Volgens haar stiefpa, Martin Havenga het hy vanaf 06:00 Dinsdagoggend voor die huis gewag, met die vermoede dat sy wel daar is.
’n Ander familielid wat eerder anoniem wil bly, was ook op die toneel en het vir Cherise vergesel na die Witbank Polisiestasie toe. Dit is nog onbekend by wie se huis sy was, maar verdere ondersoek sal dit bevestig.
“Ek is net so dankbaar dat my kind gekry is. Ek het vir amper twee dae lank gebid, en die Here het my gehoor,” het Juliana Muller, met ’n dankbare moederhart gesê.

Cherise Pienaar (15) herenig met haar familie.
