Local newsNews

Beeldmateriaal werp meer lig op ongeluk

Kaptein Eddie Hall het gesê die beeldmateriaal gaan baie help met die ondersoek wat aan die gang is.

Beeldmateriaal van die ongeluk wat die lewe van ’n 34-jarige man twee weke terug geëis het, is in die polisie se besit.

Christoff Anderson is Sondag 9 Augustus in Life Kosmos Hospitaal dood na die ongeluk op die hoek van OR Tambo- en Mandelastraat.

Hy is Vrydag 14 Augustus vanuit die NG Kerk Vallei-Suid begrawe.
Volgens ooggetuies het Anderson met ’n GWM bakkie gebots wat besig was om in Mandelastraat in te draai.
Kaptein Eddie Hall het gesê die beeldmateriaal gaan baie help met die ondersoek wat aan die gang is.

WITBANK NUUS het besluit om nie die beeldmateriaal op hul sosiale media platforms te plaas nie, uit respek vir Anderson se familie.

“Daar is nog nie vir ons ‘n realiteit hierin nie, als het geheel en al te vinnig gebeur. Ons is nog almal in skok oor die ongelooflike verlies, ‘n ontsettende onreg wat geskied het,” het Helga Anderson, sy suster gesê.
“In die tyd het ons ook agtergekom hoe geliefd Christoff was onder familie, vriende en kennisse. Nou nog kry ons oproepe van mense wat nou eers verneem het van sy afsterwe en in elke oproep dieselfde boodskap wat ons hoor ,Christoff was ‘n goeie ou, lief vir die lewe, met ‘n glimlag vir almal’”.

Die familie bedank by uitsondering die volgende mense vir hyl bystand, Nicolene Stoltz by Life Kosmos Ongevalle en elke persoon wat daardie Sondagoggend vir Christoff se lewe baklei het op die toneel.

“Dankie ook aan elke persoon wat met soveel oorgawe ingeklim het om ons by te staan, daar is nie woorde van dank groot genoeg nie”.
Ten slotte het Helga het ’n boodskap vir haar broer, “Christoff, dankie vir die 34 jaar, agt maande en een week wat ons jou lief kon hê op aarde.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button