
Soos enige werksdag sal begin en eindig met allerhande doen en late, het 26 Augustus nie goed geeïndig vir ’n plaaslike inwoner van eMalahleni nie.
Net so voor die dag op sy einde gekom het, het die man ’n pakkie gaan aflewer in Eadiestraat in die Sentrale Besigheidsgebied, toe drie mans hom dreigend genader het met ’n mes en aandring dat hy al sy besitting moet oorhandig aan hulle.
Na ’n gesukkel het een van die drie verdagtes gewelddadig die man se broek geskeur, terwyl die ander twee verdagtes toegekyk het en kontant, bankkaarte en die slagoffer se bestuurderlisensie afgevat het by hom.
Geen arrestasies is tot dusver toe gemaak nie, maar ondersoek word deur Witbank Polisie ingestel.
