CrimeLocal newsNews

Verkrag deur bekende mans

Nog twee gevalle van verkragting is aangemeld by Witbank Polisie die afgelope week.

Nog twee gevalle van verkragting is aangemeld by Witbank Polisie die afgelope week.

Volgens die slagoffer het sy en haar suster geslaap op Sondag, 6 September, toe sy wakker gemaak is deur ’n vreemde man. Hy het haar geslaan met ’n flits en ook met ’n mes gedreig. Hy het die slagoffer en haar suster ingelig dat hy inligting nodig het oor hul losieshoudster want hy soek na bewering haar kar. Die verdagte het die slagoffer vasgemaak met ’n band en vir haar gesê om in die kamer te wag. Die verdagte het die slagoffer se suster gevat om vir hom die losieshoudster se kamer te wys. Die verdagte het teruggekeer na die kamer waar hy hulle gelos het en het altwee na bewering verkrag. Hulle kan die verdagte uitken, maar dit is nie iemand wat hulle ken nie.

Twee sake van verkragting is oopgemaak by Witbank Polisiestasie.

In die tweede geval het die slagoffer na bewering op Saterdag, 5 September vir haar ma gesê dat sy badkamer toe gaan. Nadat sy nie terug gekom het nie, het haar ma haar gaan soek by haar vriend se huis. Skokkend het haar ma besef dat sy nie daar is nie en die soektog het aangehou. Naderhand het sy huistoe gekom en vir haar ma gesê dat sy by een van haar ander vriende was wat haar na bewering in ’n kamer toegesluit het. Sy het ook vir haar ma gesê dat hierdie man haar verkrag het.

Op Vrydag, 4 September word die bewering aangevoer dat ’n dogterjie van 12 jaar oud, deur haar oom verkrag is.
Die oom wat haar verkrag het bly na bewering by hulle. Die slagoffer was oppad skool toe toe haar oom uit die kamer kom en na haar soek. Hy het haar skielik net gestamp dat sy op die bed val en haar na bewering begin uittrek. Hy het haar verkrag en sy is skool toe. Die slagoffer het ’n probleem gehad by die skool en haar juffrou ingelig. Die ma was ingeroep skool toe en ingelig oor wat aan die gang is. Die slagoffer het ook erken dat dit die waarheid is.
Sake van verkragting word steeds ondersoek deur Witbank Polisie en geen arrestasies is nog gemaak nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button