Local newsNews

Man wil kinders koop vir R200

Hy het van sy kar af geskree om my aandag te kry en vir my gevra of hy my kinders by my kan koop vir R200 per kind

“’n Ma wat regtig omgee soos wat ’n mens vir jou kinders moet omgee, sal nie laat enige iets gebeur met haar kind nie, ’n Ma wat omgee, sal haar kind met alles wat sy in haar het, beskerm,” was die woorde van ’n onstelde ma wat graag anoniem wil bly.

’n Klagte is ingedien by Witbank Polisiestasie oor ’n onbekende man wat haar geld geoffer het vir haar kinders.
Op Saterdag 18 September om 12:00 het hierdie ma haar en haar twee kinders in Louis Trichardstraat geloop toe ’n wit Golf GTI, registrasie nommer FWX 575 GP langs haar stop en geld aanbied vir haar kinders. Daar was glo net een man in die motor. Dit is nie seker wat die man se bedoeling was nie, maar die vrou sê dit het nie reg gelyk of geklink nie.

“Hy het van sy kar af geskree om my aandag te kry en vir my gevra of hy my kinders by my kan koop vir R200 per kind.”

Geskok het die vrou dadelik teen dit geskop waar die man haar toe begin dreig,

“hy het vir my gesê dat hy sal terugkom vir my en my kinders en dat hy sal uitvind waar ek bly en my doodmaak.”

Na bewering het polisie die registrasienommer probeer opspoor, maar dit blyk dat die nommerplaat vervals is.
Ouers moet paraat wees vir ’n ouerige man wat fris gebou is met kort grys hare.

“’n Kind is mos nie enige bedrag geld werd nie” het die vrou gesê. Vedere ondersoek word ingestel. “Vir nou is ons op die uitkyk vir daardie voertuig en het dit ook onder die radiokamer se aandag gebring,” het sersant David Ratau, kommunikasie-woordvoerder van Witbank Polisie ten slotte gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button