Local newsNews

Alles behalwe rus in die begraafplaas

Sodra ’n grafsteen binne die begraafplaas van die raad is, moet dit veilig wees maar deesdae is jy as persoon ook nie eers meer veilig om alleen ’n graf te gaan besoek nie.

Inwoners van eMalahleni kook van woede oor munisipale werkers wat glo grafstene in die Pretoria Memorial, Lynville begraafplaas beskadig en verwoes.

’n Inwoner van eMalahleni wie se seun in die begraafplaas begrawe is, is ontsteld na hy verlede week sy seun se graf gaan besoek het en afgekom het op grafstene wat gebreek en geskuif is deur munisipale werkers wat besig is om die omtrek skoon te maak.

“Indien enigiemand met eiendom binne ’n begraafplaas peuter, het die munisipaliteit die reg om die nodige stappe te doen, maar in die geval is dit hulle,” het die anonieme inwoner gesê.

Sodra ’n grafsteen binne die begraafplaas van die raad is, moet dit veilig wees maar deesdae is jy as persoon ook nie eers meer veilig om alleen ’n graf te gaan besoek nie.

“Ons is so rukkie terug beroof by die begraafplaas toe twee mans ons so ewe vriendelik en kalm benader en nog vra hoe dit gaan voor hulle aangedring het op ons persoonlike besittings,” het die inwoner se vrou bygelas.

Die vraag is nou, wie gaan die skade van daardie grafstene dek?

CV82ars
Een van die baie grafstene wat na bewering verniel is deur die munisipaliteit se werkers tydens ’n skoonmaaksessie

“Daar is tot marmer grafstene wat sekerlik ’n paar duisend rand kos wat erg beskadig word, dis mos grafskending en moet opgevolg word,” het die inwoner gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button