Local newsNews

Steeds geen terugvoer van hospitaal

Na wat voel soos ’n ewigheid, het me. Olwagen en haar ma, me. Dyer steeds geen antwoorde ontvang van Witbank Hospitaal nie.

Na wat voel soos ’n ewigheid, het me. Olwagen en haar ma, me. Dyer steeds geen antwoorde ontvang van Witbank Hospitaal nie.

Me. Olwagen se pa mnr. Mynhardt Jacobus Dyer was opgeneem in Witbank Hospitaal op 2 Julie. Hy is op 3 Julie in hierdie hospitaal oorlede. Me. Olwagen en me. Dyer glo dat hierdie hospitaal die leemte in hul harte veroorsaak het. Hulle het WITBANK NUUS genader om die storie te vertel (WITBANK NUUS, 7 Augustus: ‘My pa is dood en ons wil weet waaraan’).

Op 31 Julie het me. Olwagen en me. Dyer vir dr. Hlongwane gaan sien by die Hospitaal en hul storie vertel. Hy het hulle verseker dat hulle binnekort antwoorde sal hê en dat die saak ondersoek sal word.
Hy het ook aan WITBANK NUUS gesê dat so ondersoek ongeveer 4-6 weke duur voor dit afgehandel is.

Na twee kansellasies wat dr. Hlongwane hulle gebel het en ’n afspraak gemaak het om hulle te sien, het dit nie gebeur nie. Tot nou toe het hulle geen inligting ontvang van wat daar gebeur het nie.

“Hulle het alweer gekanselleer,” het me. Olwagen moedeloos gesê na die laaste keer wat hulle vir dr. Hlongwane sou gaan sien het. “Ek is al moedeloos. Ek soek antwoorde oor wat met my pa gebeur het, maar niemand kom terug na my toe nie,” het sy bygevoeg.

In die tiende week na die klagte aangemeld is, is daar steeds geen lig aan die einde van die tonnel nie.

“My man was ’n gesonde man en na hy deur hulle was, is daar nou ’n groot leemte in ons huis,” het me. Dyer met ’n traan in haar oog gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button