CrimeNews

My voertuig steeds skoonveld

’n Week is verby en nog steeds sit Tannie Hannetjie Stiglingh sonder haar kosbare voertuig.

’n Week is verby en nog steeds sit Tannie Hannetjie Stiglingh sonder haar kosbare voertuig. Op 26 September is haar kar uit die parkeer terrein van Saveway Crescent gesteel.

Tot dusver het sy nog geen nuus oor haar champagne-kleurige Mazda 323 gekry nie.

“Ek huil nie meer so baie soos laas week nie, maar ek verlang steeds na my ou karretjie,” het Tannie Hannetjie gesê.

CV96ars
Tannie Hannetjie Stiglingh sit moedeloos met haar Mazda 323 se sleutels wat steeds weg is.

Die saak word steeds ondersoek deur die polisie maar geen arrestasies is al gemaak nie en die voertuig ook nog nie gevind nie, as enige iemand dalk ’n voertuig met die registrasieplaat, BMT 079 MP in die rondte sien kan hulle die polisie skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button