Local newsNews

Een dood, drie beseer in gru-ongeluk

Terwyl die noodligte ritmies flikker, het paramedici inderhaas draagbare reggekry om die beseerdes te stabiliseer.

Terwyl die noodligte ritmies flikker, het paramedici inderhaas draagbare reggekry om die beseerdes te stabiliseer.
Op Woensdag, 7 Oktober het ’n gru-ongeluk een lewe geëis op die N4-snelweg tussen eMalahleni en Middelburg. Drie ander insittendes is beseer gelaat en die vierde passasier het slegs ’n skrapie op die hand gehad.

mc275-1rs
Paramedici het na die beseerdes omgesien na die ongeluk op die N4-snelweg, op Woensdag, 7 Oktober. (Foto: Zita Goldswain).

“Die bakkie waarin ons gery het, het langs die pad gestaan met die noodligte aan. Iets was fout met die bakkie en die enjinkap was oop. Die drywer het probeer kyk wat die probleem was, toe die trok ons skielik van agter slaan,” het een van die insittendes vertel, wat eerder anoniem wil bly.

mc275-2rs
Paramedici het die beseerde inderhaas probeer stabiliseer om hom so gou as moontlik by die ambulans te kry, na die ongeluk op die N4-snelweg op Woensdag, 7 Oktober. (Foto: Zita Goldswain).

Alhoewel hy slegs met ’n skraap op sy hand van die ongelukstoneel af gestap het, was hy steeds behandel vir skok.

“Ek het net ’n geskree gehoor en toe ek terugkyk toe stamp die trok ons van agter af,” het hy die gebeure herroep.

Na die botsing plaasgevind het, het die trok op ’n sandbank langs die pad tot stilstand gekom waar die bakkie onder die trok gelê het. Paramedici het met hul aankoms, inderhaas die beseerdes probeer stabiliseer voordat hulle met draagbare ambulans toe gedra is. Een van die beseerdes het aan die linkerkant van die trok, bo op die sandbank gelê. Die ander twee beseerdes het in die sloot langs die pad gelê en Langamed Emergency Management, ER 24 en ook Emergency Medical Operations (EMO) het na hulle omgesien.

Beamptes het die verkeer verby die ongeluk gelei terwyl die toeskouers in angs toegekyk het hoe die oorledene onder die bakkie vasgepen lê.

“Mens sal verbaas wees hoe vinnig ’n trok spoed optel, veral as dit leeg is. Maar die groot vraag is, hoekom het die trok die bakkie raak gery in die geel lyn?” het die drywer van die trok se insleepdienste gesê.

mc275-3rs
Die ongelukstoneel waarin een dood en drie beseer gelaat is op die N4-snelweg op Woensdag, 7 Oktober. (Foto: Zita Goldswain).

Die drywer van die trok is nie beseer nie, en was ook nie beskikbaar vir kommentaar nie.
Een van die bestuurders van die trok maatskappy, mnr. Peter Roy, het gesê dat die saak steeds ondersoek word, aangesien die ongeluk dood tot gevolg gehad het. Dit is onbekend wanneer die saak afgehandel sal word. Daar is ook ’n saak van strafbare manslag geopen teen die trokdrywer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button