Local newsNews

Witbank Hospitaal gee ‘antwoorde’

Na die skielike dood van mnr. Mynhardt Jacobus Dyer het sy gebroke vrou en dogter ’n klag gaan indien by Witbank Hospitaal, waar hy oorlede is.

Na die skielike dood van mnr. Mynhardt Jacobus Dyer het sy gebroke vrou en dogter ’n klag gaan indien by Witbank Hospitaal, waar hy oorlede is. Op Vrydag, 9 Okober was die hospitaal se weergawe gegee van wat op 2 en 3 Julie gebeur het.

Hy is Donderdag, 2 Julie in die hospitaal opgeneem en is op 3 Julie daar oorlede. Nadat hy vier keer morfien gegee is in ’n tydperk van vier ure en ook aspirien en ’n hartpil toegedien is in hierdie tydperk, is hy om 18:15 oorlede.

Hy was op 2 Julie, omstreeks 20:00 opgeneem.
Inligting is verskaf aan die familie soos belowe, maar steeds vul dit nie die leemte in hul huis en harte nie. Na bewering is Dyer oorlede aan ’n baie erge hartaanval, nadat ’n bloedklont deur sy hart is.

“Dit is beter om niks te weet nie, as om te weet julle jok vir ons,” het mev. Olwagen, Dyer se dogter, op haar facebook-blad gesê.

Volgens Olwagen, het die nodige personeel inligting verskaf wat ‘bewys’ dat die dosisse medikasie wat Dyer toegedien is, wel reg was en dat hulle gewerk het volgens wat hulle geleer het. Teen druktyd was daar steeds geen terugvoer van Witbank Hospitaal nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button