Local newsNews

Charlie verdwyn soos ’n groot speld

Dae het al verander in weke en Charles Nicolaas Duvenhage (25) beter bekend as Charlie is steeds vermis.

Dae het al verander in weke en Charles Nicolaas Duvenhage (25) beter bekend as Charlie is steeds vermis.
Charlie, wat saam sy ouers in eMalahleni woon, het op 8 Oktober spoorloos verdwyn uit Pretoria en sy ouers vermoed die ergste.

“Charlie is familievas en dit is ongewoon dat hy tot nou nog nie in kontak gekom met een van sy boers of susters nie,” het sy ma, me. Amanda Duvenhage moedeloos gesê.

Op Woensdag, 7 Oktober het hy saam sy ouers na sy suster in die Paardefontein omgewing in Kameeldrift, Noord-Oos van Pretoria gery om sy suster se kinders terug te neem huis toe na die skoolvakansie.
Daar het fout gegaan met sy ma se voertuig en hulle het die aand oornag by sy suster.
Daar word vermoed dat Charlie die dag van sy verdwyning homself vererg het vir iemand en die pad gevat het. Na bewerering was hy oppad van Pretoria na sy sussie in eMalahleni per voet sonder enige beursie, identiteitsdokument, geld of selfoon.

CV115ars
Charles Nicolaas (Charlie) Duvenhage is al vanaf 8 Oktober vermis.

Die dag toe hy vermis geraak het, was daar glo ’n verdagte blou bakkie in die omgewing.
’n Vermiste persone-saak is die volgende dag by die Kameeldriftpolisie oopgemaak nadat hy nooit by sy suster se huis in eMalahleni opgedaag het nie.

Daar is ’n soektog gereël deur die buurtwag van Kameeldrift en die organisasie vir vermiste mense, Pink Ladies het ook ingespring op pamflette met inligting oor Charlie Duvenhage op sosiale media te versprei.
Die soektog het niks opgelewer nie.

“Ons het Saterdag, 17 Oktober oral rondom die plot gesoek en selfs in die wit plakkers kampe om te kyk of hy nie daar wegkruip nie, maar nog niks het opgeduik nie,” het kpt. Elma Swanepoel van Kameeldrift Polisie Stasie gesê.

Die stigter en direkteur van Pink Ladies, Dessie Rechner het ook gesê,

“Hoewel hy in Gauteng of Mpumalanga kan wees, moet mense in gedagte hou dat hy moontlik ’n ryloopgeleentheid gekry en kan dus enige plek in die land wees.”

“As jy weggeloop het, asseblief bel net seun,” het Amanda raadop gevra.

Hy is skraal en weeg 55 kilogram en is sowat 1.6 meter lank. Hy het bruin hare en groen oë. Hy het ֹn tatoeëermerk van ’n poema op sy linkerskouer.

Die laaste keer wat hy gesien is, het hy ’n driekwart-denimbroek, ’n blou Billabong t-hemp en plakkies aan gehad.
Enige iemand wat inligting het oor waar hy homself bevind word versoek om Pink Ladies te kontak:
072 214 7439 of 083 378 4882.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button