CrimeNews

Vierstuks verskyn weer

Die verdagtes wat gearresteer is op die moord van me. Petro Res in September, het weer in die hof verskyn.

Die verdagtes wat gearresteer is op die moord van me. Petro Res in September, het weer in die hof verskyn.
Die verdagtes, onder wie die Res-egpaar se huiswerker en haar man, het Donderdag 22 Oktober in die Thabazimbi Landdroshof verskyn.

zg595rs
Buitekant die hof op Thabazimbi het ’n groep mense geklee in denims en wit hemde op 31 September plakkate omhoog gehou en hul ontevredenheid oor plaasmoorde uitgespreek het.

Aanklagtes van moord en huisroof word teen die vier, Dickson Moyo (31), Amos Munyau (26), Rebecca Monyeki (38) en Silas Ndlovu (44) ondersoek.

Vorige artikel HIER

Me. Res is op 18 September doodgeskiet toe verdagtes haar, haar man, mnr. Bruno Res en hul vriendin, me. Marie Barnard in hul plaashuis op die plaas, Motlopi, net buite Thabazimbi oorval het. Hulle het haar na ’n inloopkluis geneem en daar geskiet.

Mnr. Res is tydens die aanval in sy arm geskiet.
Me. Barnard en mnr. Res was vir 16-uur lank in die inloopkluis toegesluit terwyl me. Res se liggaam langs hulle gelê het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button