Local newsNews

Charlie steeds skoonveld

Weke het verander in ’n maand en die gemeenskap is steeds op soek na Charles Nicolaas Duvenhage wat al 23 dae lank vermis word.

Weke het verander in ’n maand en die gemeenskap is steeds op soek na Charles Nicolaas Duvenhage wat al 23 dae lank vermis word.

Na aanleiding van die artikel in WITBANK NUUS, Vrydag 23 Oktober ‘Charlie verdwyn soos ’n groot speld’ is daar nog geen vedere inligting ontvang nie.

CV134ars
Charlie word al sedert 8 Oktober vermis

Charlie is laaste gesien op 8 Oktober in die Kameeldrift area, Noord-Oos van Pretoria.
Hy was vermoedelik opad van Pretoria na sy sussie in eMalahleni maar het nooit by haar opgedaag nie.
Na vele soektogte wat deur die Kameeldrift Polisie en buurtwag gereël is, het daar nog niks opgeduik nie. “Ons het nog geen vedere informasie verkry oor die seun nie, maar die soektog gaan voort,” het kapt. Elma Swanepoel van Kameeldrift Polisiestasie gesê.

Die laaste keer wat hy gesien is, het hy ’n driekwart-denimbroek, ’n blou Billabong t-hemp en plakkies aan gehad. Hy is skraal en weeg 55 kilogram en is sowat 1.6 meter lank. Hy het bruin hare en groen oë. Hy het ֹn tatoeëermerk van ’n poema op sy linkerskouer.

“Charlie my seun, mamma mis jou vreeslik asseblief kom huis toe,” het sy ma, Amanda Duvenhage op die sosiale netwerk, Facebook geplaas.

Die stigter en direkteur van Pink Ladies, Dessie Rechner het versoek dat enige inligting gerapporteer moet word by 072 214 7439 of 083 378 4882.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button