Trok val om in OR Tambo
Hy het aan die anderkant van die pad, op sy kant, tot stilstand gekom.

Handtekeninge pronk oral op OR Tambostraat. In nog ’n voorval op hierdie pad, op Maandag, 9 November het ’n trok sy vrag verloor en oor vier bane gegly.
Die trok het om die draai gery, onderweg na die ou-Middelburgpad se kant. Om die draai het die trok se vrag uitgegly en die trok saamgesleep. Hy het aan die anderkant van die pad, op sy kant, tot stilstand gekom.
By die ingang van Poplarstraat was die bak met die vrag alreeds oppad verby die trok. Die trok se bak het omgeval en die trok ook omgekeer.

Die laaigraaf het al die oorblywende vlokkies hout uit die bak van die trok gehaal voor die insleepdienste die trok terug op sy wiele kon draai.
Op daardie tydstip, was daar geen ander voertuie op die pad nie. Hierdie pad is veral besig in die oggend en die middag, chaos sou die gevolg gewees het as ander voertuie hierin betrokke was. Vlokkies hout het die pad en ook die sypaadjie ingekleur nadat die vrag uitgeval het.
Polisie en verkeersbeamptes het die verkeer om die trok gelei terwyl werkers die pad skoongemaak het. Van die hout is ook op die olie en diesel gegooi wat strepe op die teer nagelaat het. ’n Laaigraaf het die oorblywende inhoud in die trok se bak uitgeskep voordat die insleepdienste die trok weer kon optel. Die trok se windskerm het ook met die impak gebreek. Die drywer van die trok, beweer dat hy beheer verloor het oor die swaar motorvoertuig.
Ambulansdienste het die drywer na ’n hospitaal in eMalahleni geneem.
Op die GPF (Gemeenskaps Poliesiëringsforum) se Facebook blad het hulle gesê dat dit ’n fratsongeluk was wat ’n tragiese einde kon gehad het.
Kommentaar het geseëvier op sosiale media en veral op Facebook.
“Wat kan omtrent hierdie pad gedoen word?”
“Hoeveel ongelukke gaan daar nog wees voordat iemand iets doen?”
“Ons het spoedhobbels nodig, te veel ongelukke gebeur hier.”
Hierdie pad staan alombekend aan eMalahleni-inwoners as ‘die pad van die dood’. Tot dusver het niks hierdie stelling nog anders bewys nie.
Sien video van trok wat omslaan HIER
