CrimeNews

Verkragters kry lewenslank

“Verkragting word geag as ’n ernstige misdryf, jy het nie net die kind se menslikheid afgebreek nie, maar haar ook beroof van haar kinderlikheid,”

“Verkragting word geag as ’n ernstige misdryf, jy het nie net die kind se menslikheid afgebreek nie, maar haar ook beroof van haar kinderlikheid,” het aanklaer, Francois Brandt gesê tydens die vonnisoplegging van ’n verkragter.

Twee verkragters is onlangs lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van twee mindejarige meisies.
Vrydag 6 November het Jappie Mahlangu in Witbank Streekhof verskyn op aanklagte van die verkragting op ’n 10-jarige meisie.

Die hof was gevul met mense wat rou en reggestaan het vir die vonnis wat uitgespreek moes word.
ְMahlangu was ’n getroue vriend van die slagoffer se ouers en dus ook huisvriende.
Op die aand van 26 November 2012 het Mahlangu oornag by die familie en almal het lekker saam gekuier. Laatnag het almal na hulle kamers toe gegaan om te gaan slaap, maar Mahlangu het na die slagoffer se kamer gegaan waar hy haar verkrag het.

Uit angs en weerloosheid het die meisie begin gil en haar ouma het in ’n haas na haar kleindogters se krete gehardloop. Oppad na die 10-jarige se kamer het sy vir Mahlangu so te sê op heterdaad betrap in die gang. Hy was oppad uit die kamer uit, besig om sy broek vas te maak toe hy haar gewaar. Hy het dadelik op vlug geslaan en in die weghardloop sommer die slagoffer se ma se foon gesteel.

CV163rs
Jappie Mahlangu wat op 6 November in Witbank Streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir die verkragting van ’n minderjarige.

Die slagoffer se ouers het bedroef in die hof gesit en trane van seer en berou het gevloei.

“Mense soos jy moet uit die samelewing gehou word en sal nooit weer die reg hê om naby kinders te kom nie,” het die landdros, mnr. Andreas Masteroudes aan Mahlangu gesê.

Die aanklaer het betoog dat “die feit dat kinders betrokke is, die saak meer ingewikkeld maak en moeilik, so Mahlangu se vonnis word effektief behandel maar nogsteeds onder die erns van die misdryf.”
Die teenwoordiges in die hof het met die vonnis met aandag op die punt van hul stoele gesit en gehoop en wens vir die beste uitkoms.

“Na alle faktore wat oorweeg is kom Mahlangu se gepaste vonnis neer op lewenslange tronkstraf vir die verkragting op die 10-jarige kind,” het die landdros afgesluit.

In nog ’n saak is lewenslange tronkstraf ook gegee aan Petros Baliwonda Dlamini op 9 November in Witbank Streekhof vir die verkragting van ’n 11-jarige meisie.

Dlamini was ’n bekende familievriend dus het hy almal se vertroue gehad. In 2011 het die familie ’n tradisionele dag gevier toe Dlamini die slagoffer na ’n onbekende huis geneem het waar hy haar verkrag het. Na die voorval het Dlamini weer die kans gesien en haar herhaaldelik verkrag op verskeie geleenthede.

“As jy bereid is om ’n minderjarige te verkrag moet jy bereid wees om die ernstige nagevolge van jou dade te kan hanteer,” het konstabel Thuliusile Sibanyori die ondersoekbeampte van Witbank Polisie se seksuele misdaad-eenheid ten slotte gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button