
Daar is ’n nuwe kruis op die N4.
Die kruis is ter nagedagtes aan Antonie Venter, wat op Saterdag 10 Oktober saam met sy vriend, Heinrich Janse van Rensburg verongeluk het naby die Witfontein/Viltaki afrit, deur familie opgesit.
</a
Die kruis ter nagedagtenis aan Antonie Venter.
Nuwe foto’s het intussen aan die lig gekom, wat die ooggetuies se weergawe van die noodlottige ongeluk bevraagteken.
Foto’s wys dat Venter se Kawasaki motorfiets se voetstuk in ’n blou Audi vassit.
In die ongeluksverslag word daar genoem dat ’n blou Audi afgetrek was en dat die twee motorfietse gebots en een die Audi beskadig het.

Antonie Venter se Kawasaki. Die voetstuk het tydens die ongeluk op 10 Oktober afgebreek.
’n Ooggetuie mnr. Michael Metsana het gesê hy en die bestuurder van ’n wit BMW is deur die Metro Polisie by ’n spoedlokval afgetrek.
VORIGE ARTIKEL HIER
“Ek en die BMW se bestuurder was ongeveer dieselfde tyd reg om weer in ons onderskeie bane in te val toe die bestuurder van die blou Polo aangery gekom het. Sy was agter die BMW en het na die regterbaan toe beweeg om te verhoed dat sy agter die kar vasry. Ek het die motorfietse gehoor aankom. Hulle het vinnig gery en toe die een motorfietsryer agter die Polo was, het hy sy motorfiets se toeretal verhoog (ge-rev) om die bestuurder van die Polo se aandag te trek,” het Metsana gesê.
Hy het gesê die bestuurder van die Polo het terug in die linkerbaan ingery.
“Die motorfiets in die linkerbaan het die Polo heel links in die geelstreep verbygegaan en toe hy die kar verbygesteek het, het hy in die regterbaan ingedraai en die twee motorfietse het gebots.”
Metsana het genoem daar was geen skade aan die Polo se buffer nie, alhoewel die kar se linker agterwiel pap was. Hy het ook gesê hy het geen skade aan sy Audi nie. Hy het ’n foto aan WITBANK NUUS gestuur van ’n wit Audi wat hy sê is syne. Hy het ook gesê hy weet nie van ’n blou Audi wat op die toneel was nie en hou voet by stuk dat die twee motorfietse gebots het.

Die Kawasaki se voetstuk sit vas in die blou Audi.
Die polisie in Bronkhorstspruit is nog steeds besig on die ongeluk te ondersoek.
Snr. supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie het onderneem om die saak te ondersoek en terugvoer te gee. Maar tot dusver was alle pogings om hom telefonies en per e-pos in die hande te kry, vrugteloos.
