CrimeNews

Dag na dag se ondersoek lei na pakke dagga

Die afgelope week was nag vir dwelmhandelaars en gebruikers na die Witbank Polisie hulle van alle kante van die strate af vee.

Die afgelope week was nag vir dwelmhandelaars en gebruikers na die Witbank Polisie hulle van alle kante van die strate af vee.

As dit kom by dwelmhandel is daar nie handelsure om dit veilig te speel nie, die polisie is oral.
Op 18 Februarie in die donker ure van eMalahleni het’n verdagte dit goed gedink om dwelms te gaan koop.

Die donker het nie die polisie afgesit nie en het hom op heterdaad betrap terwyl hy besig was met die dwelm transaksie. Die verdagte het nie net hom in die tronk laat beland nie maar ook sy dwelmhandelaar. Die twee verdagtes is gearresteer op die toneel. Die dag voor die voorval op 17 Februarie is daar nog ’n verdagte in hegtenis geneem toe die polisie in kennis gestel is deur ’n inwoner dat daar met dwelms gehandel word in Mandelastraat.


Die dagga waarop Witbank Polisie beslag gelê het. Na ’n lang ondersoek is twee mense in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van dagga op 15 Februarie.

Die verdagte is deursoek wat gevolg het tot sy arrestasie. Die stof het skaars in die area gaan lê toe polisie ’n verdagte man in dieselfde straat sien loop. Hulle het hom benader en gevra om te deursoek en ’n sakkie met wit poeier en ‘n strooitjie in sy besit gevind. Sy regte is voorgelees en hy is in hegtenis geneem.

Op 15 Februarie het polisie informasie opgevolg en met ’n lasbrief toegesak op ’n huis in Jackaroo Park. Hulle het die huis deeglik ondersoek en beslag gelê op ’n hewige gewig dagga. Twee verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem op aanklagte van die handel en gebruik van dwelms.

Al die bogenoemde verdagtes sal in die nabye toekoms in die hof verskyn.

ALSO READ:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/80559/woman-arrested-after-being-found-with-dagga/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/55054/dagga-field-found-by-the-police/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button