CrimeNews

Gesteelde voertuig teruggekry

’n Voertuig is teruggekry, na diewe hul hande daarop gelê het.

’n Voertuig is teruggekry, na diewe hul hande daarop gelê het. Op Woensdag, 22 Februarie het die slagoffers, wat eerder anoniem wil bly, in hul huis verkeer soos enige normale dag.

“Ek het nog voor die televisie gesit toe ek twee mans in my huis sien. My man het buite gestaan, en een verdagte man was by hom ook. Die verdagtes het my dogter se splinternuwe Audi A3 in die motorhuis gewaar en aanhoudend vir die sleutels gevra. Ek het vir hulle gesê dat die sleutels by die eienaar is, wat nie tans tuis is nie. Hiervan wou hulle niks hoor nie en het aangedring op die sleutels. Hulle het ’n skoot in die huis gevuur, waarna ek die sleutel aan hulle oorhandig het,” het die slagoffer vertel.

Sy het ook gesê dat hulle die huis deursoek en die voertuig gevat het.

“Die Audi is teruggekry, maar ek is nie seker waar nie. Die voertuig is tans by die polisie stasie, dit is vreeslik baie beskadig binne. Ons weet nie wanneer ons dit gaan terugkry nie,” het sy ten slotte gesê.

Saam met die voertuig is twee selfone ook gesteel.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/67130/springkastele-deur-klient-weggedra/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/34916/video-inbreker-seil-soos-slang-deur-kantoor/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button