
Die dae wat boewe gevang word vir selfoondiefstal is vir die inwoners ’n nie bestaan deesdae. Maar op 6 Maart het ’n rower omtrent sy rieme styf gehardloop toe ’n inwoner, me. Maureen Scheepers voet in die hoek gesit het om die verdagte vas te trap.
“Ek is die oggend in Plumerstraat toe ek verby ’n jong vrou ry wat histeries in die straat afhardloop en skree. Ek stop toe by haar en vra wat maker en dis toe sy my vertel van twee onbekende mans wat haar nou net geroof het van haar selfoon. Ek het dadelik uitgeroep op die Zello kanaal en af begin jaag in die straat,” het Scheepers vertel.
Op die radiokanaal het mense oor en weer gepraat en uiteintlik die spoor gekry van die een rower.
“Ek het geweet die verdagte moet iewers net verby die deurloop brug wees, verby Eskom Park en was toe korrek. Ons het hom ingehaal tot by Cheekies,” het sy ook gesê.
Die gemeenskap het net weereens gewys hul kan saamwerk om eMalahleni ’n beter plek te maak. Die SACCW (South Africa Community Crime Watch) gepaard met GPF (Gemeenskap Polisie Forum) het een van die booswigte ingehok en toe geboei.

Die booswig wat ’n weerlose vrou gedreig het met ’n mes en beroof het van haar selfoon. Op 6 Maart het die SACCW (South Africa Community Crime Watch) en GPF (Gemeenskap Polisie Forum) saam gewerk.
“Terwyl ons gewag het op die SAPD het die manne van beide die SACCW en GPF die rower onder andere gevra waar die mes is wat hy gebruik het om die slagoffer te dreig, waarop hy geen antwoorde gehad het nie,” het sy vertel. Na ’n rukkie het die verdagte die blaam op ’n man wat naby geleë gestaan het gegee en gesê “ek het klaar gepraat daardie man wat daar staan het die mes gehad.”
Die slagoffer het op die toneel verbaas vertel dat sy nie in haar wildste drome kon dink dat sy die booswigte sal kan konfronteer en vra hoekom hul so wreed moes wees nie.
“Ek het ook nie gedink iemand sal stop vir my nie en toe ek weer sien toe stop daar ’n vrou en help my om my gesteelde foon terug te kry,” het die slagoffer gesê.
Die voorval het om 12:50 gebeur en die ploisie het om 14:30 daar aangekom en die verdagte in hegtenis geneem.
Daar is ook ander sake geopen in verband met roof met ‘n mes die afgelope week by Witbank Polisiestasie.
In die eerste insident wat op 28 Februarie plaasgevind het, het Mnr. Ricardo Correia sy selfoon asook sonbrille kweit geraak toe twee onbekende mans hom benader het by sy voertuig in Stevensonstraat in Klipfontein.
“Ek was besig om uit die parkeerterrein te ry toe ek die twee verdagtes beide kante van my voertuig sien. Die een aan my jant het sy mes op my gerig en vir my gesê ek moet eerder net doen wat hy sê of ek gaan seerkry,” het Correia gesê.
Soos ’n nuwe maand sy verskeining gemaak het, het nog ’n slagoffer homself omring deur drie gewapende verdagtes gekry op 1 Maart toe hy vanaf sy woonplek tot by die Nedbank Sentrum geloop het. Die rowers het hom geroof van sy selfoon asook kontant. Nog niemand is in hegtenis geneem nie maar word steeds gesoek.
“Met ’n groot spanpoging van Dawid Wessels, GPF en SACCW lede en bestuur was ons suksesvol en vang die man met die gesteelde goedere in sy besit. Dit is wat spanwerk moet wees. Baie dankie aan elke persoon wat vandag gehelp het. Saam kan ons ‘n verskil maak,” het Maureen ten slotte gesê.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/66018/rower-gevang-in-springvalley/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/57022/dief-gevang-na-hy-koffiewinkel-besteel/
