
Polisiebeamptes het verlede week beslag gelê het op vyf pakkies dagga en drie sakkies met wit poeier wat in geel plastiek toegedraai is, tydens ’n besoek aan die area naby ’n kuierplek.
Die polisie het Dinsdag, 7 Maart toegeslaan nadat hulle inligting ontvang het van dwelmhandel op die perseel.
Met hul aankoms het hulle iets buitengewoon opgemerk by ’n voertuig wat voor die kroeg geparkeer was. In die voertuig was daar drie insittendes wat ongemaklik voorgekom het toe die polisie op hulle afstap.
Die verdagtes het dit daar en dan goed gedink en uit die voertuig gespring en in verskillende rigtings gehardloop. Ongelukkig vir die stadige verdagte wat in die kroeg ingestorm het is hy ingehaal en deursoek. Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem en Witbank Polisiestasie toe geneem.
Kort daarna het die polisie inligting ontvang van nog ’n dwelmhandelaar naby die kroeg. Hulle het die man op die dak van die kroeg gevind. Die polisie het vyf sakkies dagga in sy hemp se voorsakkie gevind, vier ronde klonte toegedraai in geel plastiek in sy kouse en hom kaalvoet en al gearresteer.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/86396/polisie-voer-oorlog-teen-dwelms/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88810/dwelms-en-drank-op-polisie-se-lysie/
