MunicipalNews

Beeste verruil die veld vir strate

Die beeste het rustig in die pad gestap en gestaan wei op die sypaadjies.

Inwoners van Reynorif was stomgeslaan toe hulle verlede week beeste in Aquariusstraat sien.

Die beeste het rustig in die pad gestap en gestaan wei op die sypaadjies.

Mnr. Kingdom Mabuza, woordvoerder van die plaaslike munisipaliteit het Maandag, 27 Maart gesê dat die munisipaliteit die gemeenskap aanmoedig om die munisipaliteit onmiddellik te kontak indien hierdie diere gesien word en ook in residensiële areas.

“In so geval sal ons ’n span ontbied om die probleem op te los. Eienaars van die wandelende beeste sal dan ook geïdentifiseer word en sal dan ’n boete moet opdok. Ons vra dat motoriste en voetgangers op die uitkyk is vir hierdie diere, veral in die aand,” het hy gesê.

Daar is nog geen duidelikheid aan wie hierdie diere behoort nie.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/63146/reddingspoging-raak-harte/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button