
Blancheville het die afgelope naweek deurgeloop onder hekmotordiewe.
Diewe het Sondag 23 April die een hekmotor battery na die ander gegaps.
Die netelige sakie Maandag 24 April by die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) vergadering bespreek.
Mnr. Johan Zwart, voorsitter van die sektor se GPF het gesê inwoners moet klampe oor hul hekmotors aanbring wat dit moeilik maak vir die diewe om die deksel op te lig en die battery te steel.

Maak seker jou hekmotor battery kan nie gesteel word nie.
Sers. David Ratau, polisiewoordvoerder het gesê diewe steel hekmotor batterye vir die litium daarin. Litium word gebruik in die maak van dwelms.
Inwoners word gevra om meer betrokke by die GPF in hul omgewing te raak.
As jy in Sektor 2 subsektor Blancheville/Die Heuwel bly word jy uitgenooi om die twee weeklikse sektorvergadering by die NG Kerk, Panorama in Adelestraat by te woon.
Die volgende vergadering vind op 8 Mei om 18:00 plaas.
Besoek ook gerus die sektor se Facebookblad CPF – Sector 2 Blanchville.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/58519/soveelste-inbraak-by-besigheid/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/45535/bewaar-boewe-hou-jou-huis-dop/
