Bianca beter na hond-aanval
Die 16-jarige dogter wat verlede week deur ’n hond gebyt is, is uit die hospital ontlaan en sterk tuis aan.

Die 16-jarige dogter wat verlede week deur ’n hond gebyt is, is uit die hospital ontlaan en sterk tuis aan.
“Dit gaan baie goed met haar, sy het nog net baie seer maar ek dink dit gaan nog ’n tydjie neem,” het Bianca Uys se ma, Adri, gesê
As alles goed verloop sal Bianca later hierdie week kan skooltoe gaan.
Volgens Bianca se pa, Jakes, het hulle klagtes gelê teen die eienaars van die hond, sowel as die polisiebeampte wat na bewering geweier het om hulp op die toneel te verleen.
“Alles is nou ingedien en die papierwerk is volledig ons wag net vir die saaknommer,” het Uys gesê.
Die voorval het op 24 April in Del Judor X4 gebeur toe die Rottweiler by die hek uitgekom en Bianca, wat saam met haar broer gaan draf het, gebyt het.
Die weefsel aan die regterkant van haar boud is afgeskeer en sy moes 21 steke ontvang.
Die polisiewoordvoerder, sersant David Ratau het na aanleiding van die bewerings teen die polisiebeampte gesê dat hierdie soort klagtes aan die polisie gerapporteer moet word.
“Kom in kontak met die polisie as daar enige klagtes is om in te dien teen ’n polisiebeampte of swak diens van ’n beampte,” het sers. Ratau gesê.
*Die eienaars van die hond wil steeds nie hulle kant stel oor die gebeure van die dag nie.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/91661/tweede-aanval-deur-dieselfde-hond/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/7118/luane-terug-skool-toe-na-hond-haar-byt/
