
’n Oranje en blou skooltas het verseker die aandag van rowers getrek in Delvillestraat.
Mnr. Zwelibanzi Mogane het vertel dat hy in bogenoemde straat geloop het op Woensdag, 26 April. Hier het drie onbekende mans hom van agter bestorm met messe.
Hy het aan die polisie vertel dat die mans hom aan die keel gegryp het en die mes daar gehou het. Een van die ander mans het Mogane se tas deursoek, waar hulle al sy kontant, dokumente, bankkaarte en ook sy selfoon gesteel het.
’n Saak van roof is oopgemaak by die polisie en word tans steeds ondersoek.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/65463/mes-aanval-in-nagklub/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/72572/man-45-dood-na-mes-moord/
