CrimeNews

Kardiewe hou ‘kar’naval

Twee inwoners van eMalahleni het karsleutels in die hand maar nêrens om heen te gaan na hul voertuie gesteel is nie

Twee inwoners van eMalahleni het karsleutels in die hand maar nêrens om heen te gaan na hul voertuie gesteel is nie

Kardiefstal is deesdae aan die toeneem en Donderdag 27 April het die South African Community Crime Watch (SACCW) se plaaslike tak hul hande volg gehad met sommer twee karre wat as gesteel aangemeld is.

Een van die voertuie is ’n Charcoal Ford Eco Sport met registrasie BXP 564 GP, terwyl die ander voertuig ’n Toyota Hilux bakkie met registrasie BFS 652 MP, is. Beide hierdie voertuie is in die Klipfontein-area gesteel.

Die volgende dag, Sondag 28 April, is nog ’n voertuig omstreeks 10:00 in dieselfde area gesteel. Die gesteelde silwerkleurige Toyota se registrasienommer is: BW 33NN GP.

“Die publiek word gemaan om ekstra paraat te wees en gedurig op die uitkyk te wees vir enige verdagte persone in die area waar hulle, hul voertuie parkeer,” het sers. David Ratau, woordvoerder van Witbank Polisie, gesê.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/75707/diefstal-uit-motorvoertuig-is-die-nuwe-in-ding/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/87473/kar-weg-na-hospitaalbesoek/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button