NewsSchools

HGH verwelkom matriekgroep van 2022

Die nommer drie skool in Mpumalanga,‘n toonaangewende, waardegedrewe skool wat spog met skitterende sport, kultuur en akademiese prestasies, die hoërskool van keuse vir talle Gr.7- leerders.

Hoërskool Generaal Hertzog is tans die top akademiese hoërskool in die streek.

Die nommer drie skool in Mpumalanga,‘n toonaangewende, waardegedrewe skool wat spog met skitterende sport, kultuur en akademiese prestasies, die hoërskool van keuse vir talle Gr.7- leerders.

Op 23 en 24 Mei het plaaslike Gr.7-leerders van verskeie laerskole die Manjifieke Maroen familie besoek vir die Engelse en Afrikaanse opedae.

Leerders het die geleentheid gekry om verskeie fasiliteite en praktiese punte te besoek om ‘n voorsmakie te kry van wat hulle in 2018 kan verwag.


HGH bied pret by hul opedag. Hier is Gr.7-leerders van Laerskool Kragbron besig om hulle eie pizzas voor te berei (van links, voor): Tiaan Smit, Shezelle van der Walt, Jané Louw en Nalene van Sittert (agter); Dawnelle Smit en J.J. Oosthuizen.

‘n Heerlike sjokolade-fondue het leerders by die gasvryheidskombuis ingewag, waar hulle ook elkeen ‘n lip-lekker pizza gebak het. ‘n Suurbasistitrasie het leerders in die fisiese labrotorium uitgedaag en leerders kon self sien waarom Hoërskool Generaal Hertzog plaaslik die toekenning ontvang het vir beste fisiese wetenskap skool, terwyl een groep Gr.7’s kreatief geraak het in die skeppende kunsklaskamer het ‘n ander beesharte in die labrotorium vir lewenswetenskappe gedisekteer.

Belangrike inligting is tydens die opedae met leerders en ouers gedeel om te verseker dat elkeen teenwoordig ‘n ingeligte besluit kan neem.

Om teleurstelling te voorkom wil ons graag alle voornemende Hertzogiete aanmoedig om so spoedig moontlik vir 2018 te registreer.

Graad 7-ouers is ook welkom om ons bemarkingshoof, Moira Outram, direk te kontak vir meer inligting – 013 656 2464.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button