CrimeNews

Twee mans in skietvoorval gewond

Van der Walt en mnr. Jaco Buitendag is Saterdag 24 Junie gewond in ’n skietvoorval.

“Ek weet nie wanneer ek ontslaan gaan word uit die hospitaal nie, maar my kollega is vandag ontslaan,” het mnr. Phillip van der Walt Dinsdag, 27 Junie gesê.

Van der Walt en mnr. Jaco Buitendag is Saterdag 24 Junie gewond in ’n skietvoorval.


Mnr. Phillip van der Walt in die bakkie waar hy passasier was tydens ’n skietvoorval in Springboklaan op Saterdag, 24 Junie

Die twee mans was by die bank voordat die voorval plaasgevind het.

“Ons gaan maak geld los vir die werk om mense te betaal. Ons gaan elke keer na dieselfde bank toe en ook gewoontlik dieselfde tyd. Ons het al ’n rukkie gelede vermoed die mense hou ons dop,” het Van der Walt gesê.


Mnr. Jaco Buitendag in die ambulans na die skietvoorval in Springboklaan op Saterdag, 24 Junie. Hy het die bakkie bestuur tydens die voorval.


Buitendag se arm wat raakgeskiet is

Hy het bygevoeg dat hulle by die werk se erf ingery het in Springboklaan, Tasbetpark toe ’n Mercedes dwars voor hulle ingetrek het.

“Die mans het uitgespring en begin skiet sonder waarskuwing. Die note was in drie pakke gedeel en klomp sakkies kleingeld.”

Lees die volle berig in vandag se uitgawe van die WITBANK NUUS

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/83523/doodgeskiet-vir-hangertjie-en-selfoon/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/77065/gesinsmoord-eis-twee/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button