CrimeNews

Slagoffers van skietvoorval sterk tuis aan

Die twee mans wat bykans twee weke gelede gewond is in ’n skietvoorval waartydens hulle ook beroof is, is uit die hospitaal ontslaan en sterk by hul huise aan.

Die twee mans wat bykans twee weke gelede gewond is in ’n skietvoorval waartydens hulle ook beroof is, is uit die hospitaal ontslaan en sterk by hul huise aan.

Die skietvoorval het Saterdag, 24 Junie in Springboklaan, plaasgevind.

WITBANK NUUS het Vrydag, 30 Junie berig dat die twee mans in ’n gewapende roof betrokke was nadat hulle by ’n bank in Klipfontein was en ’n groot bedrag geld in hul besit gehad het.


Mnr. Phillip van der Walt steeds in die voertuig waarin hy en sy kollega, mnr. Jaco Buitendag slagoffers van ’n gewapende rooftog op Saterdag, 24 Junie was.

Mnr. Phillip van der Walt is Vrydag, 30 Junie uit die hospitaal ontslaan na hy byna ’n week lank in Life Cosmos Hospitaal deurgebring het. Hy is in beide bene geskiet.

Sy kollega, mnr. Jaco Buitendag is Dinsdag, 27 Junie uit dieselfde hospitaal ontslaan, nadat hy behandel is vir ’n skietwond aan sy arm.

Van der Walt het op Dinsdag, 4 Julie gesê dat dit beter gaan, hy sukkel net om te loop en het nog pyn, maar het verder geen klagtes.

“Ek sien Vrydag weer die dokter, dan gaan hy besluit wanneer ek kan teruggaan werk toe. Jaco gaan Donderdag terug,” het hy bygevoeg.

Van der Walt het gesê dat hy glo daar nie enige nagevolge kan ontstaan omdat die koeëls nie uitgehaal is nie.
Van der Walt en Buitendag het op bogenoemde Saterdag by hul werksplek ingery, toe ’n voertuig skuins voor hulle gestop het.


Mnr. Phillip van der Walt en sy kollega, mnr. Jaco Buitendag is op die toneel deur Legacy Emergency Specialists behandel en na Life Cosmos Hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hier is mnr. Phillip du Plessis en nog ’n paramedikus besig om Van der Walt in die ambulans te sit.

“Die mans het uitgespring en begin skiet sonder waarskuwing. Die note was in drie pakke gedeel en klomp sakkies kleingeld. Twee van die pakke note was in my broeksakke en een pak binne ’n sak in my oorpak se baadjie. Eers wou ek nie die kontant gee nie, maar ek het gesien hulle weet al die kontant is by my, toe haal ek dit uit my broeksakke en gee dit saam ’n paar sakkies kleingeld,” het Van der Walt in ’n vroeër onderhoud gesê.

Mnr. Leo Markson, eienaar van die besigheid het Dinsdag vertel dat die rede hoekom Phillip en Jaco daardie dag bank toe gegaan het was omdat daar fout was met hul sisteem en sommige kliënte word met ‘e-wallet’ betaal, daarom moes die geld by die bank gaan trek word.

Hy het gesê dat op hierdie dag, daar meer geld as gewoonlik in die besigheid se besit was.

“Omdat dit Saterdag was, het ek hulle bank toe gestuur want dit is chaoties op ’n Maandag. Hulle het gesê dat die voertuig agter hulle was, en hulle het die voertuig eers opgemerk toe dit hulle verbysteek. Volgens wat Phillip en Jaco vir my vertel het, het hulle gedink die voertuig wou ’n U-draai maak in die pad, toe die voertuig voor hulle stop. Die rede hoekom hulle geskiet is, is omdat my werknemers nie die geld vir hulle wou gee nie. Hulle het ook probeer wegry en die vensters toegemaak en deure gesluit,” het Markson gesê.

Markson het bygevoeg dat die welstand en veiligheid van al sy werknemers ten alle tye eerste gestel word en hy nie gepla is oor die geld nie.

Hy het bygesê dat Suid-Afrika baie gevaarlik is, maar mens moet ook weet wat om te doen in hierdie situasies. Hy het gesê dat wanneer jy paraat is in jou omstandighede, jy nie noodwendig so iets gaan vryspring nie, maar dat jy meer voorbereid gaan wees wanneer jy in ’n gevaarlike situasie beland.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/95602/twee-mans-skietvoorval-gewond/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88332/vermeende-kapers-skiet-op-polisie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button