CrimeNews

Dagga-klagtes groei daagliks

Net toe die handelaars dink die polisie het vir ’n rukkie bedaar met dagga arrestasies, was hulle verras toe die polisie weer op 30 Junie toegesak het.

eMalahleni is Suid-Afrika se dwelm-hoofstad vir jare, maar deesdae word al hoe meer dagga soos bossies gekweek.

Die afgelope week het die polisie nog dagga verwyder van die strate in die SBG (Sentrale Besigheidsgebied). Op 28 Junie is ’n verdagte uitgeken tussen ’n klompie mense wat doenig was in Diedericksstraat. Die verdagte was in besit van dagga ter waarde van R400 en is op die toneel gearresteer vir die besit en handel van dwelms.

Net toe die handelaars dink die polisie het vir ’n rukkie bedaar met dagga arrestasies, was hulle verras toe die polisie weer op 30 Junie toegesak het.

Na inligting deur ’n inwoner deurgegee is, het polisie dadelik aksie geneem en na die adres gegaan. Op die perseel het hulle ’n verdagte voorgekeer en deursoek en afgekom op ’n klein versteekte pakkie met 10 aparte pakkies dagga in. Die verdagte is gearresteer en het voor die hof verskyn op Maandag 3 Julie.

Dit blyk dat dit nie Victor Ekpe se eerste keer in die hofbank is nie. Daar is twee ander dwelmverwante sake wat teen hom ondersoek word. Die saak is tot 11 Julie uitgestel.

In ’n ander voorval wat op 1 Julie gebeur het in die hartjie van die SBG se taxistaanplek het ’n straatsmous homself in die tjoekie in gesmous toe hy glo aan polisie beamptes dagga wou verkoop. Die man is op die toneel in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

“Die gewildheid van dagga het in die afgelope jaar met bykans meer as dubbel gestyg en word dit nie net as dagga geklassifiseer nie, maar die hoofbestanddeel vir die gesogte dwelm, nyaope wat deesdae deur talle verslaafdes gebruik word,” volgens ’n onlangse persverklaring deur SANCA (South African National Council on Alcoholism).

“Witbank Polisie sal voortgaan om ons stad skoon te maak van dwelms, gebruikers en handelaars moet daarop let dat die SAPD al ons hulpbronne sal gebruik om seker te maak dat hulle gearresteer word en die volle krag van die wet in die gesig staar,” het die woordvoerder, kpt. Eddie Hall ten slotte gesê.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88624/arrested-firearm-dagga-possession/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88954/arrested-dagga-items-possession/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button