
Die plaag van vergiftiging steek weer sy kop uit in die strate van eMalahleni.
Die afgelope week is menige inwoners van verskeie buurte in rou oor hul geliefde honde wat vergiftig is.
Op 9 Julie het die SACCW (South Africa Community Crime Watch) ’n boodskap uit gestuur oor die vergiftiging van honde aan die publiek.

Die karkas van ’n klein hondjie wat in Tasbet 2 laas week gevind is. Die booswigte is weer besig om honde links en regs te vergiftig.
“Ons ontvang deurlopende verslae vir die laaste week dat honde in verskillende gebiede van die dorp vergiftig word. Kyk asseblief in jou erf vir enige snaakse of verdagte plastieksakke en bordjies. As of as jy hierdeur geraak was, lewer asseblief kommentaar,” het me. Maureen Scheepers van die SACCW se boodskap op sosiale media versprei.
Dit het aan die lig gekom dat die areas wat geraak is deur die hartseer tot dusver die volgende was; Tasbet Park, Klipfontein, Duvha Park, Blancheville en Naauwpoort plotte.
“Die meeste gevalle het in Klipfontein plaasgevind,” het sy bygevoeg.

’n Inwoner het die oorskot van sy dooie hond in ’n vullissak gesit en op ’n vuilgoedhoop in Tasbet 2 gegooi. Dit blyk of die honde vergiftig is.
Op 7 Julie het daar foto’s van dooie hondjies, toegedraai in vullissakke verskyn waarop die persoon inwoners gevra het om hulle troeteldiere veilig te hou na die ontdekking.
“Terwyl ek so rondloop opsoek na my katte kom ek af op die volgende twee honde in twee verskillende veldjies in Tasbet Park 2. Jammer as dit jou ontstel om die foto’s te sien maar dalk is dit iemand se kinders wat hulle soek of ja ek weet nie dalk is hulle net doodgemaak en daar gelos nie,” is die hartseer beskrywing by die foto’s.
“Dit raak ’n groot probleem op die oomblik en dus vra ons die inwoners om enige sulke inligting te rapporteer,” het Scheepers ten slotte gesê.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/23323/honde-vergiftig-vir-motorfiets/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/72160/honde-word-uitgewis-en-inwoners-besteel/
