CrimeNews

Van ’n goeie hart na gesteelde voertuig

Mnr. Michael Mkhabela se voertuig is gesteel nadat hy ’n ryloper wou uithelp.

Mnr. Michael Mkhabela se voertuig is gesteel nadat hy ’n ryloper wou uithelp.

Op Dinsdag, 4 Julie het hy ’n ryloper langs die snelweg gesien, toe hy op pad Vosman toe was.

Hy het aan polisie vertel dat hy in Mandelastraat gery het en daar op die snelweg geklim het en die ryloper daar opgetel het.

By die N4-N12 wisselaar het die ryloper glo ’n vuurwapen uitgehaal en gesê Mkhabela moet op die N12 ry, na Johannesburg.

“Die man het my in Benoni afgelaai, na ons by ’n verlate straat in die dorp aangekom het,” het Mkhabela Dinsdag, 11 Julie vertel

.

Hy het ook aan polisie vertel dat die verdagte vir hom gesê het om uit die silwer Toyota Hilux te klim en Mkhabela se selfoon en kontant is ook in die voorval gesteel.

Die voertuig se registrasienommer is HXF 831 MP.

Die voertuig was teen druktyd nog nie opgespoor nie.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88373/gesteelde-voertuig-teruggekry/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/74156/karre-word-boewe-se-gunsteling/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button