Glencore moet stof en trillings meet
Ogies word letterlik deur mynbedrywighede ingesluk en inwoners is nou keelvol vir die myn se skietery

Mnr. Zehir Omar, die advokaat wat namens die forum vir besorgde inwoners van Ogies teen die mynreus Glencore baklei, sleep nie net die myngroep hof toe nie.
Omar het ook sy visier op verskeie staatsdepartemente wat volgens hom nie gehoor gegee het aan die pleidooie van die gemeenskap van die Hoëveldse dorpie nie.
Ogies word letterlik deur mynbedrywighede ingesluk en inwoners is nou keelvol vir die myn se skietery, die hope stof en die myntrokke wat hul paaie voos ry.
Omar het daarin geslaag om Glencore te verbied om die pad tussen die R555 en R545 te sluit. Die myngroep wou die pad sluit om met hul mynbedrywighede aan te gaan.

Kinders speel tussen die vullis in Ogies met die groot hoop bogrond aan die linkerkant.
“Die trokke veroorsaak meer stof en ons paaie bly in die slag,” het me. Anne Marie Muller, ’n plaaslike besigheidsvrou gesê.
Die regsman neem nou ’n stappie verder en het die hof genader om Glencore te aan te sê om gereedskap in plek te stel om stof te meet en ook seismograwe te geïnstalleer om die trillings te meet.
“In die tweede hofgeding neem ek verskeie staatsdepartemente hof toe omdat hulle nie hul werk volgens die grondwet doen nie,” het Omar gesê.
“Ons gee om oor gesondheid, veiligheid en menseregte van ons werkers asook die gemeenskap waarin ons werk. Ons doen ons werk in ’n omgewings verantwoordelike wyse,” het Glencore se woordvoerder me. Shamiela Letsoalo gesê.
Lees meer oor Ogies se groot baklei in die WITBANK NUUS uitgawe van 21 Julie.
LEES OOK:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/92253/ogies-inwoners-boos-oor-mynaktiwiteite/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/93033/swaarvoertuie-ry-paaie-voos/
