CrimeNews

Bestuurder aan boom vasgemaak

’n Bestuurder van ’n trok is aan ’n boom vasgemaak nadat hy sy trok kwyt is.

’n Bestuurder van ’n trok is aan ’n boom vasgemaak nadat hy sy trok kwyt is.

Op Dinsdag, 4 Julie het die slagoffer vanaf Johannesburg na Malelane gery, toe ’n wit BMW glo verby hom gejaag en hom van die pad afgedwing het.

Die slagoffer het aan polisie vertel dat die BMW glo voor hom gestop het, wat hom tot ’n stilstand gedwing het. Drie mans het ook na bewering uitgespring met vuurwapens en in die trok ingeklim.

Volgens wat die slagoffer vir die polisie vertel het, het hulle tot by die Middelburg tolhek gery, waar hulle die slagoffer plat laat lê het in die trok.

Hulle het verder gery, tot iewers in ’n veld en die slagoffer het aan die polisie vertel hoe hy uit die trok gesleep is en in die veld gelos is, saam met een van die verdagtes. Op Woensdag, 5 Julie het die slagoffers teruggekeer, hom aan ’n boom vasgemaak en hom daar gelos.

Die verdagtes is weg met sy selfoon, bankkaart en ander besittings, insluitend die trok. ’n Saak van gewapende roof is by die polisie oopgemaak, en die saak word steeds ondersoek.

Die slagoffer was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/82452/trok-kapings-vir-kersfees/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/77840/amper-maar-nog-nie-stamper/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button