
Meer as 10 honde is die afgelope week vergiftig in verskeie woonbuurte in eMalahleni.
WITBANK NUUS het vroeër berig oor troeteldiere wat op ’n daaglikse basis vergiftig word. Die probleem raak al hoe groter en inwoners moet paraat wees.
Op 13 Julie het me. Ilze Barrett op sosiale media gedeel dat haar vyf vierbeen kinders almal vergiftig is.
“So groet ons vyf van ons honde in minder as twee weke en dit deur gevoellose barbare wat links en regs honde vergiftig,” het me. Barrett hartseer gesê.

‘Two Step’ ook bekend as timik is die gif wat vermeende diewe die laaste twee weke vir die Barrett-gesin se troeteldiere gevoer het.
Die eerste voorval het op 3 Julie gebeur toe Barrett op haar Rottweiler, Nala en klein hondjie, Ronnie se lewelose lykies afgekom het.
“Dit sal enige diere-eienaar se hart breek om op dit af te kom,” het sy in trane gesê.
Die voorval het in die vroeë oggendure in die Blancheville-omgewing gebeur.
’n Week later het die Barrett-gesin ’n nuwe babahondjie in die gesin verwelkom toe die boosdoeners weer toegeslaan het.
“Peanut het op ’n manier die gif ingekry en is ook dood daarvan. Toe ek, my man en die tuinjong gaan ondersoek instel het ons op iets vreesliks afgekom, die booswigte het die erf agter ons se drade geknip en daardeur toegang verkry tot agter ons muur. Dit blyk hulle het dag na dag ’n bietjie gif oor die muur gegooi,” het sy ook ontstel vertel.
Barrett het vies vertel dat hulle op ’n plastieksak vol gif, gemeng met hondekos afgekom het. Daar was ook ’n geslagte haas wat in stukke opgesny is in die sak.

Ilze Barrett het op dié sak afgekom agter haar erf se muur na haar hondjies dood is.
“My ander Rottweiler net pleinweg geweier om die bolletjies wat gerol is in die gif te eet. Die ander vyf hondjies het ongelukkig almal van die gif ingekry. Ons het nog nie eers ons baba Rottweiler vir ’n week gehad nie toe hulle weer toesak en haar ook vergiftig het,” het sy bygelas.
Daar is tot dusver nog nie by die Barrett-gesin se tuiste ingebreek nie, maar meen Ilze sê dat sy te bang is om die huis te verlaat vir te lank,
“ek wil nie my honde alleen los nie, ook nie ons huis nie. Jy draai jou rug vir enkele minute en as jy weer sien het hulle jou besteel en troeteldiere vermoor.”
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) beweer dat die verdagtes wat die honde vergiftig die eienaars van motorfietse se huise teiken.
Die omvang van honde vergiftiging is eintlik groter as wat ’n mens besef.
“Ons hande is afgekap, ek kan die skelms nie op my eie vang nie en die polisie help nie eintlik nie,” het Barrett ten slotte gesê.
ALSO READ:
https://www.citizen.co.za/witbank-news/96096/pas-julle-troeteldiere-op/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/23323/honde-vergiftig-vir-motorfiets/
