
Mnr. Mike Botha is steeds in ’n hospitaal in Johannesburg waar hy aansterk na ’n werknemer hom glo op sy plot aangeval het.
WITBANK NUUS het op Vrydag 8 September berig dat hy vir ongeveer vyf ure in ’n houthuisie op sy kleinhoewe in Riverview gelê het, voor ’n vriend tot sy redding gekom het.
Die aanval het op Saterdag 2 September plaasgevind en hy is na Life Cosmos Hospitaal geneem deur Legacy Emergency Specialists. Hy is kort na sy aankoms by die hospitaal, per helikopter na ’n hospitaal in Johannesburg geneem waar hy tans aansterk.
Mike is op Maandag 4 September geopereer en mnr. Willem Botha, Mike se broer, het op Dinsdag 5 September bevestig dat die operasie in sy been ’n sukses was. Dit volg na Mike se been met ’n skoffel bygedam is tydens die aanval.

Mnr. Mike Botha wat op sy plot aangeval is, se wond het infeksie en word tans behandel met antibiotika.
Hy is ook gemartel maar het geen verdere ernstige beserings opgedoen nie. Die been wat binne gebreek het, was deur Willem as ’n ‘skoon breek’ beskryf en moes in teater geheg word. Mike het infeksie in die wond opgedoen en word tans met antibiotika behandel.
“Mike behoort miskien teen Vrydag uit die hospitaal ontslaan te word,” het Willem Dinsdag, 12 September gesê.
Mike se Ford Ranger (registrasienommer: HNP 103 MP) wat tydens die voorval gesteel is, is steeds nie opgespoor nie.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/98766/nuusflits-man-op-plot-aangeval/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/98872/groenteboer-sterk-goed-aan-na-aanval/
