Local news

Pad tussen Phola en Kendal hou insleepdienste besig

Die stuk pad tussen Phola en Kendal het die insleepdienste van gisteraand af besig gehou.

Insleepdienste het van gisteraand af letterlik kamp opgeslaan op die pad tussen Kendal en Phola weens ’n reeks ongelukke wat kort op mekaar gevolg het.

Net na middernag het ’n taxi op dié pad gerol.

Vanoggend was dit déjà vu toe nog ’n taxi op dieselfde plek omslaan.

Kort daarna het ’n taxi ’n motor op dieselfde pad gestamp.

Lees meer Kom hardloop vir Brandon

Die beseerdes in al drie die ongelukke is per ambulans na hospitale in die omgewing vervoer.

“Ons was behoorlik besig,” het Giepie Fisher van Advance Towing gesê.

Die presiese oorsake van die ongelukke is nog nie bekend nie.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  website, Facebook, X,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button