
Voertuigdiewe is besig om “inkopies” hiér in die stad te doen.
Op 9 September het mnr. Emmanuel Mastilela gou gestop vir ’n ietsie om te eet. Met sy terugkeer was daar ’n ander kar in die parkering en sy kar skoonveld.
“Ek het eers rondgekyk om seker te maak dat ek myself nie flous nie en dalk iewers anders parkeer het,” het hy vertel.
Hy het na ’n rukkie agtergekom dat sy voertuig in die realiteit werklik gesteel is.
“Jy lees altyd die stories in die koerant van gesteelde karre, maar dink nooit jy sal ’n slagoffer wees nie,” het hy gesê.
In nog voorval het mnr. George Mothaku by ’n gastehuis gestop om vir ’n funksie klaar te maak op 9 September. Na enkele ure het hy terug na sy voertuig toe gegaan net om af te kom op ’n leë spasie.
“Mense moet paraat wees oor waar hulle, hul voertuie parkeer asook dink om dalk ’n opsporingtoestel te installeer,” het woordvoerder van Witbank Polisie, konst. David Ratau gesê.
LEES OOK
https://www.citizen.co.za/witbank-news/96176/van-n-goeie-hart-na-gesteelde-voertuig/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/88373/gesteelde-voertuig-teruggekry/
